tuis   hoogtepunte   gallery 1     gallery 2   

Lienkie is in Pretoria in 1949 gebore as oudste kind (van 6) van Dr. Jan Richter. Sy het in die ou Wes-Transvaal groot-geword en gematrikuleer aan die Hoërskool Rustenburg terwyl die gesin op Derdepoort-sendingstasie aan die Botswana grens gewoon het.

Sy behaal ‘n B.A. graad (Beeldende Kunste) aan die Universiteit van Pretoria in 1971 kort naday sy met Nico Lombard getroud is.

Hulle woon vir 11 jaar op Zeerust waar sy kunsklasse aanbied en so begin haar kunsloopbaan.

Nico se verbondenheid aan Sanlam het meegebring dat hulle baie verplaas word.  Deels was elke verhuising en aanpassing "remmend" op haar loopbaan en traumaties vir die gesin, maar ook was dit verrykend deur nuwe kunsvriende wat gemaak is en die stimulering van nuwe omgewings.

Aanvanklik skilder sy gedeeltelik "ter wille van 'n inkomste" maar namate haar kinders groter word kry sy meer tyd om in haar ateljee te streef na 'n beter werkstandaard.

As gesin het hulle op Zeerust, Bothaville, Lichtenburg, Pietermartizburg, Durban, Pinetown, Durbanville (Kaap), Pretoria, Pietersburg en Bloemfontein. Tans woon hulle op Leeupoort-dorp in Thabazimbi distrik in die Limpopo Provinsie.

 

tuis   hoogtepunte   gallery 1     gallery 2