Alhoewel ek poog om elke nuwe
skildery
'n hoogtepunt te
laat wees, was daar twee opdragte wat vir my
as
uitdagings uitgestaan het.
Die een was toe my ontwerp vir 'n muurpaneel in 'n kerk in
Humansdorp gekies is bo die van ander kunstenaars
omdat
die keurders gevoel het dit spreek tot die gewone mens
terwyl dit terselfdertyd simboliek bevat, 'n storie vertel en
die gebou verfraai.

Dan was daar die uitdaging om 'n brons
beeld van my oupa (Dr. Richter) te maak
wat vandag in die Jan Richter sentrum
in
(Pietermaritzburg) staan.